Onderrigkommunikasie in die klaskamer: ’n uitnodigende onderwysperspektief

Authors

  • Martyn van der Merwe Rand Afrikaans University

DOI:

https://doi.org/10.38140/aa.v36i3.844

Abstract

Onderrigkommunikasie is noodsaaklik vir die ontwikkeling van goeie perspesies van die self, van andere en van die skool, en hou verband met skoolprestasie. Kommunikasie in die klaskamer is ondersoek vanuit ’n uitnodigende onderwysperspektief. Tien sekondêre skole is geselekteer en 50 lesse is op videoband geneem. Episodes van uitnodigende en nie-uitnodigende kommunikasie is geïdentifiseer. Die belangrikste bevinding is dat onderwysers meer nie-uitnodigend as uitnodigend kommunikeer en hul boodskappe ook meer eksplisiet as implisiet oordra. ’n Totale afwesigheid van sekere verbale en nieverbale vaardighede is opgemerk, waaronder aktiewe luister wat
bevorderlik is vir uitnodigende interpersoonlike verhoudings en die ontwikkeling van onontginde potensiaal. Aanbevelings hou verband met die insluit van meer inhoud met betrekking tot uitnodigende onderwys en aksienavorsing in basiese onderwyseropleiding.

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2004-12-17

Issue

Section

Articles