Die beskerming van skuldeisers ingevolge artikel 34 van die Insolvensiewet na ’n skikkingsooreenkoms

Authors

  • A. L. Stander Potchefstroom University for Christian Higher Education, South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/jjs.v28i1.2859

Abstract

Uit teks: Artikel 34 van die Insolvensiewet 24 van 1936 handel oor die nietige verkoop van ’n besigheid. Artikel 34(1) bepaal dat indien ’n handelaar ’n besigheid wat aan hom behoort, of die klandisie van so ’n besigheid, of goedere of eiendom wat ’n deel daarvan is, oordra ingevolge ’n kontrak (behalwe in die gewone loop van daardie besigheid of tot die versekering van die betaling van ’n skuld), en so ’n handelaar publiseer nie die kennisgewings wat in die artikel voorgeskryf word nie, dan is so ’n oordrag nietig teenoor sy skuldeisers vir ’n tydperk van ses maande na die oordrag en nietig teenoor die kurator van sy boedel indien sy boedel te enige tyd binne daardie ses maande tydperk gesekwestreer word. Vir hierdie doeleindes beteken “oordrag” ook die werklike of fiktiewe oordrag van besit: Die handelaar hoef dus nie fisies besit van die bedoelde goed aan die ander party oorgedra het nie (a 34(4)). Sodra ’n kennisgewing ingevolge artikel 34(1) gepubliseer word, word elke gelikwideerde skuld van die handelaar in verband met die bedoelde besigheid wat op ’n toekomstige dag invorderbaar sou word, dadelik invorderbaar as die betrokke skuldeiser betaling van die skuld eis (a 34(2)).

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2003-01-31

Issue

Section

Case note / Vonnisbespreking