Politieke verval as 'n patroon van politieke verandering: 'n Teoreties-verkennende perspektief
DOI:
https://doi.org/10.38140/sjch.v28i3.381Abstract
Wêreldwyd is politieke verandering en soms politieke transformasie (ingrypende sentraal-beplande politieke verandering van 'n progressiewe aard) aan die orde van die dag. Die aard en uitkoms van hierdie politieke verandering verskil van staat tot staat en van samelewing tot samelewing, wat daarop neerkom dat biljoene mense daagliks gekonfronteer word met die uiteenlopende en dikwels konflikterende eise van 'n veranderende politieke omgewing. Hierdie veranderings en die gepaardgaande eise sou kon insluit vernuwing ingevolge post-industrialisasie; die renaissancegedagte (NEPAD en die Afrika-unie) soos in die vooruitsig gestel deur onder meer Thabo Mbeki; verhoogde lewenstandaarde; beter dienslewering; industrialisering; modernisasie en groter politieke vryheid soos beliggaam in die strewe na die bereiking van die demokratiese ideaal.