Siesta en geneeskundige dienste teen die achtergrond van die traditionele Afrika levens- en wêreldbeskouing

Authors

  • C.M. Pauw University of Stellenbosch, South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/at.v14i1.6757

Abstract

Siekte moet nie los van die breëre omgewing, agtergrond en geestesgesteldheid van die pasiënt gesien en hanteer word nie. Die belangrikheid hiervan moet ook in die geval van mense met 'n tradisionele Afrika lewens- en wêreldbeskouing nie uit die oog verloor word nie. Die rede waarom dit belangrik is om mense van Afrika binne die totaliteit van hulle lewensbestaan te sien, lê daarin dat die lewe 'n geïntegreerde geheel vorm. Vanuit die Afrika lewens- en wêreldbeskouing word alles, ook siekte, beleef as iets wat deel is van die totaliteit van menslike bestaan. Daarom is siekwees nie bloot 'n kwessie van in 'n bepaalde kliniese toestant verkeer nie.

Om dus siekte en siektetoestande by Afrika mense beter te begryp, is dit noodsaaklik om kennis te dra van die tradisionele Afrika lewens- en wêreldbeskouing. Hiervoor word daar in die eerste plek kortliks gehandel teneinde ook die verband hiervan met siekte aan te dui. Daaruit volg enkele opmerkings oor die proses, wyse en metodes van genesing in 'n tradisionele konteks, waaruit sekere implikasies ten opsigte van siekte en genesing afgelei kan word. Die toepassingsveld is veral dié van geneeskundige dienste in 'n verstedelikende swart samelewing.

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2022-09-23

Issue

Section

Articles