Obadja vanaf die preekstoel

Authors

  • J.J. McDuling Ned. Geref. Kerk Vereeniging, South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/at.v14i2.6439

Abstract

Die uitdrukking "quanto brevis est, tanto difficilis" is baie waar, wanneer dit handel oor die eksegese en verkondiging van Obadja. Een rede vir die uitdrukking is natuurlik as gevolg van die gebrek aan grondige kennis aangaande die outeur. Coggings stel dit soos volg: "This little fragment is not accompanied by detailed information about the prophet after whom it is named, such as might provide the 'personal interest' so mch sought after in the 20th century" (1985:67). Danksy beproefde en wetenskaplike eksegetiese metodes van die resente tyd, is dit nodig dat Obadja sy stem duidelik vanaf die kansels van ons kerke kan laat hoor. Hiervoor is deeglike en omvattende studie nodig. Daarsonder sou die rykdom en die geheime van Obadja onverreken bly. Hierdie is 'n poging om saam met ander eksegete van Obadja die groot verskeidenheid "edelgesteentes" tot in die sonlig te bring en om dit saam met ander gelowiges te bewonder.

Downloads

##submission.downloads##

Published

1994-12-30

How to Cite

McDuling, J. (1994). Obadja vanaf die preekstoel. Acta Theologica, 14(2), 111–120. https://doi.org/10.38140/at.v14i2.6439

Issue

Section

Articles