Noodtoestand en die aksie van afhanklikes: Maimela v Makhado Municipality 2011-5-20 Saaknr 269/10 (HHA)

Authors

  • J. Neethling University of the Free State, South Africa
  • J. M. Potgieter University of South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/jjs.v36i1.3013

Abstract

Uit teks: Die eerste eiser (M) en ene D, die oorlede man van die tweede eiser (P), is deur skote getref wat afgevuur is deur die tweede verweerder (N), ’n werknemer van die eerste verweerder, ’n munisipaliteit. M het die skoot oorleef terwyl D gesterf het weens die wond wat hy opgedoen het. Die eisers stel ’n skadevergoedingseis teen die verweerders in, M weens die beserings wat hy opgedoen het, en P weens die verlies van onderhoud namens haar en haar vier kinders weens die dood van D met wie sy ingevolge ’n gewoonteregtelike huwelik getroud was. Die munisipaliteit word middellik aangespreek omdat N na bewering in die loop van sy diensbetrekking opgetree het, en N in persoonlike hoedanigheid. Die verweerders beroep hulle op noodweer en noodtoestand as verweersgronde.

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2011-01-31

Issue

Section

Articles / Artikels