Billikheid in die kontraktereg

  • J. J. Hefer Former Chief Justice of the Supreme Court of Appeal

Abstract

Die inleidende woorde van die Digesta dat justitia est ars boni et aequi, herinner ons daaraan dat die reg onder andere met die handhawing van billikheid gemoeid is. Omdat ons nie in ’n ideëele wêreld leef nie, kan geen regstelsel egter volmaakte billikheid waarborg nie; en, omdat die moderne samelewing gekommersialiseerd en tot mindere of meerdere mate bowendien gesosialiseerd is, word individuele belange dikwels op die altaar van die gemeenskapsbelang geoffer. Hierdie verskynsel is veral merkbaar in die kontraktereg waar geleer word dat dit in die openbare belang is dat ooreenkomste wat vrywillig en in alle erns aangegaan is, uitgevoer moet word. Pacta sunt servanda is waarskynlik die belangrikste hoeksteen van ons kontraktereg, maar dit bring soms mee dat kontraktante gebonde gehou word aan die bepalings van ooreenkomste wat tot hulle nadeel strek en onbillik teenoor hulle skyn te wees. Daarom gaan daar van tyd tot tyd stemme op vir die skepping van ’n regsmiddel om groter billikheid tussen kontraktante te bewerkstellig. ’n Gewilde oplossing wat aan die hand gedoen word, is die ontwikkeling van die bona fides begrip. Inmiddels het die Suid-Afrikaanse Regskommissie ondersoek ingestel na die toepassing van pacta sunt servanda en met voorstelle vir statutêre ingryping vorendag gekom. Die doel van hierdie bydrae is om leemtes in die bona fides teorie en in die voorstelle van die Regskommissie uit te wys.

Downloads

Download data is not yet available.
Published
2004-06-30
Section
Articles / Artikels