Handelingsbevoegdheid van getroudes en die norme van die internasionale privaatreg

Authors

  • J. C. Sonnekus Rand Afrikaans University, South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/jjs.v27i2.2847

Abstract

Uit teks: In beginsel kan geen regsubjek aan die handelsverkeer deelneem indien hy nie oor die nodige handelingsbevoegdheid beskik nie. Nog word aanvaar dat een van die gevolge van die bereiking van die voljarigheidsouderdom vir ’n natuurlike persoon is dat by ontstentenis van ander buitengewone omstandighede die beperkings waaronder die persoon voorheen met betrekking tot sy handelings- en verskyningsbevoegdheid gebuk gegaan het, verval. Voorgaande impliseer dat ’n voornemende kontraktant hom slegs daarvan hoef te vergewis dat sy potensiële medekontraktant skynbaar capax en voljarig is en dan kan aanvaar dat hy waarskynlik handelingsbevoeg is. Op die algemene vertrekpunt moet dan egter nog rekening gehou word met die besondere of buitengewone beperkings waaronder ’n subjek gebuk mag gaan. In die verband behoort minstens gedink te word aan die moontlikheid dat hy ’n ongerehabiliteerde insolvent of getroud mag wees en bepaalde  beperkings op sy handelingsbevoegdheid geplaas mag word weens sy vermelde status.

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2002-06-28

Issue

Section

Chronicles / Kronieke