Kerkwees in die Branding. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in algemene sinodale verband 1994-2011

Authors

  • Piet Strauss University of the Free State, South Africa

DOI:

https://doi.org/10.38140/at.v0i18.2584

Abstract

Die oogmerke van hierdie eietydse kerkgeskiedenis is tweeledig. Aan die een kant wil ek in die behoefte voorsien om ’n resente geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) in algemene sinodale verband te skryf. Om die hoofsake van ’n bietjie minder as twee dekades in hulle hooflyne te boek te stel en krities te bekyk. ’n Kykie wat natuurlik vanuit eietydse en (my) eie oë plaasvind. Die titel kondig dit aan: in die periode na 1994 bevind die NG Kerk hom in die branding. Hierdie jaar het nie alleen in die Suid-Afrikaanse staatsopset ’n nuwe bedeling gebring nie, ook in die NG Kerk. Beter gestel, politiek Suid-Afrika het die NG Kerk in 1994 in ’n nuwe politieke gemeenskap met ’n nuwe etos – in ’n totale nuwe omgewing – geplaas. ’n Etos waarmee die NG Kerk moes rekening hou en wat ook aan hom sou afgee. Daarby het die kerk in hierdie twee dekades heelwat interne verskuiwings beleef: struktureel, liturgies en selfs leerstelling.

Downloads

Download data is not yet available.

##submission.downloads##

Published

2013-12-06

Issue

Section

Articles